Hip-hop -musikant vandag weer in die hof
Woensdag, 17 Maart 2010
Die hip hop-musikant, Molemo Maarohanye, beter bekend as Jub Jub en sy  mede-beskuldigde Themba Tshabalala gaan vandag in die Protea landdroshof in  Soweto aansoek om borgtog doen. Hulle staan tereg op vier aanklagte van moord nadat hulle verlede week glo  vier skoolkinders tydens 'n jaagtog doodgery  het.Hulle word ook van roekelose of nalatige bestuur en dronkbestuur aangekla.Die Star berig dat die ANC Jeugleier Julius Malema glo Maandag  vir Jub Jub  in die Johannesburgse gevangenis gaan kuier het.