Tropiese storm nagevolge word steeds gevoel
Maandag, 15 Maart 2010
Die dodetal in die tropiese storm wat Madagaskar verlede week getref het, het tot 28 gestyg nadat 'n grondstorting verskeie huise in die noordooste van die eiland meegesleur het. Minstens agt mense is in die voorval dood. Volgens die jongste syfers van Madagaskar se noodsentrum is meer as 20-duisend mense deur die storm dakloos gelaat.