Bergfietstoer begin vandag
Woensdag, 03 Maart 2010
Die sesde jaarlikse Subaru Sani2c-bergfietstoer begin vandag op Scottburgh  aan die KwaZulu-Natalse Suidkus.  Altesaam eenduisend-500 spanne, wat elk uit twee fietsryers bestaan, sal ‘n totale afstand van 271 killometers oor drie dae aflê. Die krieketlegende Jonty Rhodes en die oud-Springbok-rugbyspeler John Allen, tel onder die sportpersoonlikhede wat ook aan vanjaar se fietstoer gaan deelneem.