Nog mediese afval by Welkom
Sondag, 10 Januarie 2010
Polisie in die Vrystaat sê nog mediese afval is aan die buitewyke van Naudeville in Welkom weggegooi.

Die mediese afval, wat uit spuitnaalde, handskoene en bebloede watte bestaan, is deur drie mans in ‘n oop veld aangetref.Amptenare van die omgewingsbestuurs-inspektoraat, beter  bekend as die Groen Skerpioene, is oor die vonds ingelig.