skakel-081966
 
top20btn

President Robert Mugabe van Zimbabwe is vandag 93 jaar oud  maar regeer  die land steeds met ‘n ysterhand .

Sy verjaardag word vanjaar by die Matoppo-heuwels in Matebeleland-Suid gevier  en 150 beeste sal geslag word vir die sowat 100-duisend gaste wat verwag word.

President Mugabe se vrou Grace reken dat haar man so gewild onder Zimbabwiërs  is dat hy hulle vir hom sal stem al is hy dood. 

 

’n Dief genaamd Spiderman  is in Frankryk tot agt jaar tronkstraf  gevonnis vir sy aandeel in een van die mees gewaargde kunsdiefstalle  die afgelope paar jaar.Vjeran Tomic het erken dat hy in 2010 vyf  skilderye  ter waarde van 110 miljoen dollar uit die museum vir moderne kuns in Parys gesteel het.

Die Amerikaanse bankgroep Citibank het ingestem om 'n administratiewe boete van net minder as 70 miljoen rand te betaal weens sy betrokkenheid by 'n buitelandse valutakartel.Die Mededingingskommissie sê die skikking is nie meer as tien persent van Citibank se omset in Suid-Afrika nie.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na