skakel-081966
 
top20btn

Die regering werk onverpoosd om die uitbreking van knoppiesvelsiekte in die Otjozondjupagebied te beveg. Die siekte is aanvanklik op Otjituuo aangemeld en het nou na Okondjatu versprei.

Swaar reëns sak oor groot dele van die land uit  en in Noordwes is groot reënskade aan paaie aangerig en treindienste  ontwrig.

Hoofroetes, insluitende die N4 tussen Groot Marico en Swartruggens, is vir verkeer gesluit en treindienste tussen Rustenburg en Mahikeng is opgehef.

Dit sous ook in Gauteng en die reën het vanoggend chaos op  paaie in die provinsie veroorsaak.

Intussen word verdere deurdringende reën vir die res van die week voorspel vir Gauteng, dele van Mpumalanga, Limpopo en die Vrystaat

 

Uit Brittanje word berig dat vyf  tieners in Londen in hegtenis geneem is wat vermoedelik  by 'n Islamitiese terreurgroep aangesluit  en 'n terreuraanval in dié land beplan  het.

Die polisie probeer vasstel  aan watter terreurgroep die vyf behoort en watter teikens in hulle visier was.

Britte het die afgelope tyd erg te velde getrek teen pres. Donald Trump se optrede om radikale Moslems van sekere lande uit die VSA te hou.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
  • m+z-group.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na