skakel-081966
 
top20btn

Die departement van Gesondheid sê hy het geen inligting ontvang oor ‘n Suid-Afrikaanse vrou wat in Nigerië vir die Ebola-virus getoets word nie.Woordvoerder Joe Maila sê hulle het nog niks gehoor nie en wag op inligting.

Die staatsaanklaer in die Oscar Pistorius-saak, advokaat Gerrie Nel, sê dit is nié in belang van geregtigheid om Pistorius op borgtog vry te laat nie.Dit nadat Pistorius vanoggend in die Noord Gautengse hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind is aan strafbare manslag weens die skietdood van Reeva Steenkamp op Valentynsdag verlede jaar.Advokaat Barry Roux het aangevoer dat borgtog aan Pistorius toegestaan was terwyl hy beskuldig was van 'n beplande moord, en noudat hy net skuldig bevind is aan manslag, is daar geen rede waarom borgtog nie toegestaan moet word nie.Regter het Thokozile Masipa het verrigtinge tot half-een verdaag.

Die Oscar Pistorius-hofsaak sal volgens internasionale media kundiges weer vandag die planeet se nuusvloei op sowel elektroniese as gedrukte media oorheers. Volgens berigte het die saak gister tot 80 persent van die vloei regoor die wereld uitgemaak en  duisende artikels en nuusberigte is daaroor internasionaal geskryf. Selfs berigte oor  die herdenking van 9/11 en die komende Skotse referendum moes tweede viool speel.Regter Thokozile Masipa, gaan vanoggend haar uitspraak in die saak hervat.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na