skakel-081966
 
top20btn

Die ouers van Reeva Steenkamp , die vermoorde meisie van Oscar Pistorius,  gaan die maandelikse betalings wat hy aan hulle gemaak het aan hom terug betaal.

Die Steenkamps  het aanvanklik toe die paralimpiese atleet  die geld aangebied het,  sy aanbod aanvaar aangesien hulle die geld nodig gehad het.

Die hof het  gister gehoor dat June Steenkamp 375-duisend rand wat Pistorius vir die familie aangebied het, van die hand gewys het.

Die staatsaanklaer Gerrie Nel het gesê Steenkamp soek nie sogenaamde bloedgeld nie.

Die Demokratiese Alliansie het 'n Privaatlede Wetsontwerp in die Parlement ter tafel gelê wat, indien dit goedgekeur word, vakbonde in die toekoms vir gewelddadige, onwettige stakings verantwoordelik sal hou.

Die Arbeidsbetrekkinge wysigingswetsontwerp het ook ten doel om die vakbonde aanspreeklik te hou indien eiendom beskadig word of indien lede van die publiek en werkers wat wil aanhou werk, deur stakende werkers aangerand  word.

Doeanebeamptes by die OR Tambo internasionale lughawe in Kempton Park het gister op tik ter waarde van meer 59 miljoen afgekom.

Die dwelms is in dryfaste versteek wat uit Benin in Wes-Afrika na Suid-Afrika gestuur is.

‘n Woordvoerder vir die doeanediens , Erika Muller, sê dis die grootste besending tik waarop daar tot dusver by die lughawe beslag gelê is.

Die dwelms is aan die polisie vir verdere ondersoek oorhandig.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na