skakel-081966
 
top20btn

‘n Boeing 767 van die All Nippon-lugdiens met 192 mense aan boord is vanoggend op ‘n vlug van die Filippyne na Japan gedwing om om te draai nadat rook by die stuurkajuit uitgeborrel het.

Die lugdiens sê die straler het ná net 25 minute in die lug weer veilig op die internasionale lughawe van Manila geland.

Die Suid Afrikaanse nasionale polisiekommissaris, generaal Riah Phiyega, het op ’n navorsingseminaar in Centurion oor die demilitarisering van die polisie in Afrikaans gesê die dae van skop, skiet en donder is verby.

Netwerk24 berig dat akademici van verskeie universiteite navorsingstukke aan Phiyega en 150 senior bestuurders van die Polisiediens sal voorlê oor of die polisie gedemilitariseer moet word of nie.

‘n Menseregte-kommissaris van die Verenigde Nasies sê sedert die begin van ‘n skietstilstand in die ooste van die Oekraïene op 5 September, is meer as 950 mense dood in die voortslepende geweld tussen regeringsmagte en pro-Russiese rebelle.

Die kommissaris sê in ‘n verslag daar is geen orde en wet in Donetsk en Luhansk wat deur die rebelle beheer word nie.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na