skakel-081966
 
top20btn

Die woordvoerder van die Gautengse polisie, brigadier Neville Malila, sê die man wat gister in verband met die moord op die kaptein van die Bafana Bafana, Senzo Meyiwa, in die hof verskyn het, is vroeër op ‘n uitkenningsparade positief geïdentifiseer.Hy sê sedert die begin van die week het die polisie verskeie mense oor die moord ondervra.

Twee mans is by die O R Tambo Internasionale Lughawe by Kemptonpark in hegtenis geneem vir die besit van renosterhorings ter waarde van ‘n geraamde vier-komma-vyf miljoen rand.Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Marika Muller, sê die twee buitelanders was van Maputo in Mosambiek na Viëtnam onderweg toe hulle in die internasionale vertreksaal met behulp van ‘n snuffelhond onderskep is.

Die Amerikaanse minister van verdediging , Chuck Nagel, het opdrag gegee dat Amerikaanse troepe  wat die Ebola epidemie in Wes-Afrika bestry, met hul terugkoms in die VSA  21 dae lank  onder  kwarantyn geplaas word.Intussen wil ‘n private verpleegster in die deelstaat Maine nie langer onder  kwarantyn wees nie.Kaci Hickox ,wat Ebola pasiënte in Wes-Afrika behandel het en onder kwarantyn by haar huis is, het gesê sy beplan om  haar nie langer af te sonder nie.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na