skakel-081966
 
top20btn

***  Verskeie strate rondom die hooggeregshof in Polokwane/Pietersburg is van sesuur vanoggend af gesluit vir die saak teen die EFF-leier, Julius Malema, en twee sakekennisse, Kagiso Dichabe en Lesiba Gwangwa.

Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle na bewering in 2009 ’n tender van 52-miljoen rand van die departement van paaie en vervoer in Limpopo onregmatig bekom het.

Die polisie se brigadier Hangwani Mulaudzi het mense aangeraai om van vanoggend af die gebied rondom die hooggeregshof te vermy.

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie kon in ‘n ondersoek geen bewyse vind van wedstrydknoeiery waarby Bolandse rugbyklubs betrokke was nie.

Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux, sê 13 potensiële getuies, waaronder skeidsregters, Bolandse personeellede en skeidsregters-komiteelede is ondervra.

Saru het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat ‘n Bolandse skeidsregter, Josef Baadjies, ‘n klag oor knoeiery aanhangig gemaak het.

Hy het beweer dat die voormalige skeidsregterbestuurder en huidige president van die Boland rugby-unie, Ivan Pekeur, probeer het om skeidsregters te beïnvloed om die uitslag van vyf wedstryde in die provinsie se klubligas te beknoei.

Israel se minister van buitelandse sake, Avigdor Lieberman, sê dit is duidelik dat die Palestynse leier, Mahmoud Abbas, glad nie van plan is om vrede te maak met Israel nie.

Abbas het Israel verlede week by die Verenigde Nasies daarvan beskuldig dat hy oorlogsmisdade en ‘n volkslagting in Gaza uitgevoer het.

Hy het egter nie gesê dat hy Israel van oorlogsmisdade gaan aankla nie.

Lieberman het die toespraak as ‘n boodskap van haat en opsweping bestempel.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
  • spec-savers.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na