skakel-081966
 
top20btn

Twee mense is in KwaZulu-Natal dood en ses ander beseer toe ‘n huis op Ndwedwe noord van Durban deur weerlig getref is.

Paramedici het ses beseerde mense op die toneel behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Die Suid-Afrikaanse Weerburo sê erge donderstorms met swaar weerlig, het gister oor die grootste gedeelte van suidelike KwaZulu-Natal voorgekom.

 

Die Verenigde Nasies en hulporganisasies in Kenia het 'n beroep gedoen vir 166-miljoen dollar om gemeenskappe in die noorde van die land te help wat voedselskaarste weens die knellende droogte ondervind.

Bykans twee-komma-sewe-miljoen mense het voedselhulp nodig.

Duisende beeste en bokke het al weens die droogte gevrek.

 

Die dodetal in die  naweek se grondverskuiwing by ‘n massiewe stortingsterrein net buite die Ethiopiese hoofstad Addis Ababa het tot minstens 113 gestyg.

CNN berig dat die meeste oorledenes kinders is.

Baie plakkershutte is verwoes aangesien heelwat mense hul woonplek bo-op die stortingsterrein gebou het.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na