skakel-081966
 
top20btn

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Veediefstal-voorkomingsforum sê die nie-aanmelding van veediefstalsake het sedert 2011 jaarliks gestyg en is besig om onaanvaarbare vlakke te bereik.Die forum sê in ‘n verklaring dit is ’n aanduiding dat die gemeenskap sy vertroue in die regstelsel verloor het.Die nie-aanmelding van veediefstal het van net meer as 36-persent in 2011 tot amper 71-persent in 2016 gestyg.

‘n Angolese hof het agt mans wat daarvan beskuldig is dat hulle die bewind van president Jose Eduardo dos Santos omver wou gooi, is vir tussen vier en tien jaar tronk toe gestuur.Die mans is deur die staatsaaanklaer beskryf as die leiers onder ‘n groep van 35 voormalige vegters van die opposisie-Unita-party wat na bewering in Januarie 2016 probeer het om die beheer in die land oor te neem.Volgens die klagstaat is hulle naby die presidensiële paleis gearresteer en was hul met gewere, messe en bajonette gewapen.

Rugby: Die Haaie se hoofafrigter,  Robert du Preez,  gaan heelwat  van sy sterspelers ’n blaaskans gee vir die span se wedstryd Saterdag teen die Southern Kings in Durban.

Du Preez het sewe veranderinge aan sy beginspan aangebring en ses nuwelinge op sy plaasvervangerbank gekies.

Benhard Janse van Rensburg sal sy Superrugby-buiging op losskakel vir die Haaie maak.

Die agtsteman, Tera Mtembu, neem die kapteinskap by Patrick Lambie oor wat weens ‘n besering tot twee maande op die krukkelys gaan wees.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • Erindi-Ad.jpg
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na