skakel-081966
 
top20btn

Die konstitusionele hof het vanoggend beslis dat die agentskap vir maatskaplike sekerheid, Sassa, se bestaande kontrak met Cash Paymaster Service met twaalf maande verleng word ten einde te verseker dat die betaling van maatskaplike toelaes aan 17 miljoen mense voort kan gaan.

Dit volg op die Black Sash se aansoek dat die hof  'n toesigrol moet hê in die uitbetaling van maatskaplike toelaes.

 

Berning Ntlemeza se aanstelling as hoof van die Valke is deur die hooggeregshof in Pretoria ter syde gestel.

Die drukgroepe Freedom Under Law en die Helen Suzman-stigting

voer aan dat die minister van polisie, Nathi Nhleko, twee regters se vroeër beslissing dat Ntlemeza 'n leuenaar is en nie integriteit het nie, geïgnoreer het.

 

Meer as ‘n duisend werkers van die Suid-Afrikaanse Padongelukkefonds (POF) – wat lede van die vakbond, Numsa, is – sal vandag aan ‘n optog deur die Pretoriase middestad hou.Volgens Numsa is die werkers van POF-takke regoor die land en staak hulle omdat die POF in ’n verknorsing is.Die fonds, wat slagoffers van padongelukke of hul familielede moet vergoed, het agterstallige skuld van meer as agt-miljard rand.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na