skakel-081966
 
top20btn

Die vakbond Solidariteit het bevestig dat sy lede by die lugredery Mango vanoggend begin staak het. Hulle maak 95 persent van die lugdiens se vlieëniers uit. Dit volg nadat bestuur geweier het om hulle ‘n verhoging van meer as ses persent te gee, terwyl die vakbond bereid was om sy mandaat aan te pas om onderhandelings te laat slaag. Solidariteit beskuldig Mango daarvan dat hy nie bereid is om na sy werknemers te luister nie en sê hulle kry vergoeding van onder markwaarde.

Minstens 270 mense is dood in een van die dodelikste vlaag bomontploffings in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, sedert ‘n Islamitiese insypeling in 2007 begin het. Meer as 300 mense is gewond toe ‘n vragmotorbom buite ‘n hotel ontplof het op ‘n besige kruising tussen staatsgeboue, restaurante en straatkraampies. Dit het geboue verwoes en voertuie aan die brand gesteek. Twee uur later het ‘n tweede ontploffing die Medina-distrik in die stad getref. Die regering het drie dae van nasionale rou afgekondig.

n Groep van sewe buitelanders is gisteraand in Sandton, Gauteng, beroof terwyl hulle van die OR Tambo Internasionale Lughawe op pad was na hul bestemming. Polisiewoordvoerder Vish Naidoo sê die buitelanders is deur gewapende mans genader terwyl hulle by ‘n rooi robot by die Corlette-afrit gewag het:

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
  • m+z-group.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na