skakel-081966
 
top20btn

 ‘n Nigeriese burgerlike organisasie teen korrupsie het uitgevaar teen die goewerneur van die staat Imo, Rochas Okorocha, wat president Jacob Zuma die naweek ontvang het. Die groep wil ook weet waarom ‘n reuse standbeeld van die Suid-Afrikaanse president in Owetti onthul en ‘n straat na hom vernoem is. Die organisasie meen die eerbetoon is onbehoorlik weens die korrupsie-aanklagte wat oor Zuma se kop hang.

Quinton de Kock en Hashim Amla het Suid-Afrika ‘n oorwinning met tien paaltjies besorg in die eerste eendagwedstryd teen Bangladesj in Kimberley. De Kock was onoorwonne op 168 en Amla op 110 toe hulle die wenteiken van 279 verby gesteek het met 43 balle oor. Bangladesj het in sy vyftig boulbeurte 278 vir sewe aangeteken. Die voorlaaste wedstryd in die reeks word oormôre in die Paarl gespeel.

Gister se reën in Kaapstad het ‘n welkome blaaskans gegee vir brandslaners wat reeds sedert Woensdag geswoeg het om ‘n brand in die Tafelberg-nasionale park onder beheer te bring. Eergister het sterk wind wat gereeld van rigting verander het, pogings belemmer om die vlamme te bestry. Brandspanne is steeds op die toneel om seker te maak dat die brand nie weer opvlam nie.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
  • m+z-group.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na