skakel-081966
 
top20btn

‘n Geheime intelligensieverslag wat uitgelek het, doen ‘n beroep dat ‘n ogie gehou word op adjunkpresident Cyril Ramaphosa se veldtog om staatshoof te word. Die swakbewoorde dokument van drie bladsye waaroor The Star berig, stel ‘n begroting van een en ‘n half miljoen Rand voor om onder meer die organiseerders van sy veldtog dop te hou. Dit wil skynbaar vasstel hoe die veldtog befonds word.

Louis Oosthuizen van Suid-Afrika het gesamentlik tweede geëindig in die Amerikaanse PGA-toernooi in Noord-Carolina. Hy, Francesco Molinari van Italië en die plaaslike speler Patrik Reed het twee houe meer as die jong Amerikaner Justin Thomas aangeteken, wat die titel ingepalm het met ‘n totaal van 276, ag onder syfer. Richard Sterne van Suid-Afrika het klaargemaak op twee oor syfer en Charl Schwartzel op vyf oor.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, word gekritiseer oor die naweek se geweldpleging op ‘n blanke opperheerskappy-saamtrek in Charlottesville, Virginia. ‘n Vrou is dood en neëntien mense beseer toe iemand met ‘n motor ingeploeg het teen mense wat teen die saamtrek betoog het. Trump het die geweld veroordeel, maar nie verregses uitgesonder nie.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • Erindi-Ad.jpg
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na