skakel-081966
 
top20btn

Die vrou in die onderonsie in ‘n bekende braairestaurant die naweek is moontlik nie so onskuldig nie. 

‘n Ooggetuie wat gedurende die voorval in die  restaurant was, het op sosiale media gesê die video wat die rondte doen, wys net ‘n gedeelte van die onderonsie.

Die getuie sê die wit man het die vrou gevra om haar kinders in toom te hou nadat een van die ouer kinders sy vyfjarige dogtertjie twee keer in die gesig geslaan het.

Die swart vrou het gereageer deur hom te vloek, waarna die onderonsie ontstaan het.

 

Meer as een-duisend plaaslike en internasionale afgevaardigdes word vandag by die Wêreld Water-Dag vieringe by die Inkosi Albert Luthuli Internasionale konferensie sentrum in Durban verwag.

Die tema vir vanjaar se byeenkoms is sanitasie en die suiwering van rioolwater vir menslike gebruik.

Die Verenigde Nasies gaan in ‘n verslag wat by die beraad vrygestel gaan word ‘n beroep op lande doen om  rioolwater vir menslike gebruik te suiwer.

 

Motoriste in die Oos-Rand  word aangeraai om die N12 en Vlakfonteinweg tussen Kwa Thema en Langaville naby Springs te vermy weens protesoptrede.

Inwoners het met protesoptrede begin nadat die krag weens wanbetaling  afgesny is.

 

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na