skakel-081966
 
top20btn

Die Verenigde Nasies sê ondersoekers het op tien massagrafte in die Demokratiese Republiek die Kongo se geweldgeteisterde Kasai-streek afgekom.

Sewe massagrafte is by die dorp Demba gevind, en drie by Tshimbulu.

Die geweld in die streek het in Augustus verlede jaar uitgebreek nadat regeringsmagte die stamhoof en milisieleier, Kamwina Nsapu, doodgemaak het.

 

Die VN se kinderagentskap, Unicef, waarsku dat byna 600 miljoen kinders binne twee dekades in gebiede sal leef wat onder ernstige watertekorte gebuk gaan.

Meer as 800 kinders jonger as vyf jaar sterf daagliks weens diarree wat verband hou met swak sanitasie en watertekort.

Volgens die  Unicef-verslag, wat bekendgemaak is as deel van Wêreldwaterdag, plaas die uitwerking van aardverwarming verdere druk plaas op beskikbare waterbronne.

n Gewapende  polisieman is dood nadat hy gistermiddag op die terrein van die Britse parlement  in Londen deur ‘n vermeende terroris met ‘n mes aangeval en verskeie kere gesteek is.

Die aanvaller is kort hierna deur ‘n ander polisieman  doodgeskiet.

Twee voetgangers, onder wie ‘n vrou , is dood nadat die aanvaller vroeër doelbewus met sy voertuig in ‘n groep voetgangers op die Westminster-brug gejaag  en teen ‘n heining by die parlement tot stilstand gekom het.

Twintig ander voetgangers, onder wie twee polisiebeamptes, is in die voorval beseer.

Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • Erindi-Ad.jpg
  • m+z-group.jpg
  • spec-savers.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2017 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na