kamera

fot-galery

lUISTER-AANLYN

Nuus

Boston-bomverdagte het glo nota geskryf

Die Boston-bomverdagte, Dzhokhar Tsarnaev, het 'n nota geskryf kort voor hy op 'n boot in die agterplaas van ‘n huis gevind en in hegtenis geneem is. Hy het volgens berigte gesê die slagoffers van die bomontploffings is die gevolg van Amerika se optrede in Afganistan en Irak.
 

Sporttoekenningsaand kos miljoene

Die minister van Sport, Fikile Mbalula, sê vanjaar se Suid-Afrikaanse sporttoekenningsaand gaan 65-miljoen rand kos. Hy het in antwoord op ’n parlementêre vraag gesê die departement sal 21-miljoen rand betaal en die ander 44-miljoen rand sal na verwagting van borgskappe kom.
 

Onderhandelings gaan voort met mynwerkers

Die mynwerkersvakbond, Amcu, sal vandag onderhandelinge by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie voortsit om as die meerderheidsvakbond by die platinummaatskappy Lonmin erken te word. Die president van Amcu, Joseph Mathunjwa, het ook aangekondig dat die vakbond 'n optog na die Uniegebou in Pretoria beplan om te eis dat president Jacob Zuma om by die moorde op en intimidasie van Amcu-lede ingryp.
 

Groot makietie vir Karabus

‘n Groot verwelkoming wag op die pediatriese onkoloog, professor Cyril Karabus, wanneer hy later vanoggend in Kaapstad verwag word. Sy prokureur, Michael Bagraim, sê hy het 'n selfoon-teksboodskap van Karabus ontvang toe hy vroeg vanoggend in Doebaai aan boord van die vliegtuig gegaan het.
 

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather