Die Engelse sokkerster, David Beckham, het sy uittrede aangekondig. Hy het bekendgemaak dat hy na afloop van die huidige seisoen sy stewels gaan ophang. Die 38-jarige Beckham, wat sy loopbaan by Manchester United begin het en ook vir klubs in Spanje, Amerika en Frankryk gespeel het, het ‘n rekord 115 wedstryde vir Engeland gespeel.
Dis weer Alonso
Mei 13|07:42
Motorwedrenne: Fernando Alonso van Spanje in 'n Ferrari het die Spaanse Formule Een Grand Prix in Barcelona gewen. Kimi Raikkonen van Finland in 'n Lotus was tweede gevolg deur Felipe Massa van Brasilië ook in 'n Ferrari.
Suid-Afrika se sewes wen in Skotland
Mei 06|07:38
Suid-Afrika het die Internasionale Rugbyraad se sewestoernooi in Glasgow gewen. Die Blitsbokke het Nieu-Seeland in die eindstryd met 28-21 geklop. Hulle het vroeër hulle kwarteindstryd teen Amerika met 22-5 gewen en Engeland daarna in die halfeindronde met 24-17 uitgeskakel.
Frans Steyn onskuldig
Apr 29|19:54
Rugby: Die senter van die Sharks - Frans Steyn - is onskuldig bevind daaraan dat hy die senter van die Chiefs, Tim Nanai Williams, met die skouer geloop het in 'n Superwedstryd die naweek. 'n Sanzar-tugverhoor kon tydens die bestudering van video-materiaal, geen bewys vind dat Steyn nie sy arms gebruik het toe hy in 'n losgemaal beland het nie. Die voorval het Saterdag in die 37ste minuut van die wedstryd in die Waikato-stadion gebeur. Die Chiefs het met 37-29 gewen.