fot-galery

  Laai VLC media speler af

Terre’Blanche moordenaar lewenslank plus tronk toe gestuur

Die Rondgaande Hof in Ventersdorp in Noordwes van Suid-Afrika het die AWB leier se moordenaar, Chris Mahlangu, lewenslank tronk toe gestuur plus 'n bykomende 15 jaar. Mahlangu is skuldig bevind aan moord, huisbraak en diefstal. Sy mede-aangeklaagde, die 18-jarige Patrick Ndlovu, wat vrygespreek is op die aanklag van moord maar skuldig bevind is aan huisbraak met die doel om te steel, is tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather