Nuus - Jongste Nuus - Saak teen 21 jarige uitgestel
Die saak teen die 21-jarige Elvino Luciano Mouton, wat vandag in die Swakopmund landdroshof verskyn het op bedrog en diefstal van sowat 160-duisend Namibiese dollars, is tot 6 September uitgestel. Mouton, wat by Standard Bank werk, het na bewering side geld van 'n Standard Bank rekening na sy eie rekening oorgeplaas. Hy is Maandag in hegtenis geneem en is in polisie-aanhouding.




