fot-galery

  Laai VLC media speler af

Nujoma praat hard oor geweld teen vroue en kinders

Oud-president Sam Nujoma het sy afkeur uitgespreek oor die vlaag van geweld teen vroue en kinders in die land. Hy het op 'n Namibiese Vroue-beraad gala-ete in Windhoek gesê die nuwe barbaarse verskynsel van mans wat die mees weerbare lede van die gemeenskap vermoor, moet onmiddellik be-eindig word. Nujoma het 'n dringende beroep op wetstoepassing-agentskappe gedoen om alles in hul vermoë te doen om die oortreders aan te keer. Hy het ook drank- en dwelmmisbruik, veral onder jong mense veroordeel en alle Namibiërs gevra om misdade soos verkragting, moord en huishoudelike geweld teen vroue, kinders en bejaardes te help bekamp.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather