Nuus - Jongste Nuus - Bemanningslede gestrand op Walvisbaai
Altesaam 56 bemanningslede – 53 Suid-Afrikaners, twee Franse en ‘n burger van Mauritius – is in Walvisbaai gestrand nadat ’n Franse kabelskip, die Chamarel, aan die Namibiese Skedelkus uitgebrand het.Die skip, wat gebruik is om ondersese kommunikasiekabels in stand te hou, het Woensdagaand ‘n noodsein uitgestuur nadat ‘n brand aan boord uitgebreek het.’n Vissersboot en ’n patrollieboot van Namibië het die bemanningslede uit die see opgepik.




