Nuus - Jongste Nuus - Kunstenaars kry opleiding
Minstens 20 kunstenaars van Oshikoto, Omusati en Kunene, woon 'n weeklange werkswinkel by van die Nasionale Kunsgalery van Namibië, wat fokus op die bestuur, bemarking en prysvasstelling van hulle kuns. Die Nasionale Kunsgalery probeer om die kunstenaars op dié wyse te bemagtig. Die Nasionale Kunsgalery sal ook van die kunstenaars se werk beoordeel, met die oog daarop om dit in die galery in Windhoek te verkoop. 'n Soortgelyke weeklange werksessie sal later vanjaar in die Caprivi en kavango gehou word.




