fot-galery

  Laai VLC media speler af

Mense sterf in Suid-Afrika in die koue

Twee mense is dood en twee is as vermis aangemeld te midde van reddingsoperasies landwyd weens die swaar reën en sneeu-neerslae. Paramedici in KwaZulu-Natal sê 'n hawelose man het in Westville verkluim. Die polisie in die Oos-Kaap sê 'n driejarige meisie is dood toe swaar reën haar huis ineen laat stort het. Die soektog na 'n boer van Kareedouw is tot vanoggend* afgelas weens swak sig en gure weer. Sy motor is van 'n laagwaterbrug af gespoel en meegesleur. Sy vrou het daarin geslaag om uit te kom en is gered. Die soektog na 'n vermiste vroue paramedikus wat in 'n ambulans was wat van 'n brug af in 'n rivier by Montagu in die Wes-Kaap gespoel is, duur ook voort. Intussen was verskeie gebiede in KwaZulu-Natal teen gisteraand steeds sonder krag, ondanks Eskom se marathon pogings om die kragtoevoer te herstel. Harding, Mooirivier en Cedarville is sonder elektrisiteit nadat kraglyne weens die uiterste weerstoestande meegegee het. Eskom sê personeel en helikopters is op die toneel om die infrastruktuur te herstel, hoewel sneeu en swak sig toegang bemoeilik. Eskom sê sneeu en reën het ook skade aan die krag-infrastruktuur in die Oos-Kaap en Vrystaat aangerig. Eskom sê die vraag na krag sal na verwagting weens die koue weer landwyd hoog bly.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather