Nuus - Jongste Nuus - Bouwerk aan winkelkompleks vorder goed
Bouwerk aan winkelkompleks op Otjiwarongo vorder goed en kan moontlik voor die teikendatum van April 2013 voltooi wees. Safland Property Group Namibia se Ranga Haikali, sê teen die huidige tempo behoort sommige winkels reeds teen November vanjaar oop te wees. Die maatskappy belê meer as 55 miljoen Namibiese dollars aan die bou van die kompleks. Bouwerk het in Januarie vanjaar begin.




