fot-galery

  Laai VLC media speler af

Meatco wil weer praat

Die Vleiskorporasie van Namibië, Meatco, het die Minister van Landbou, Water en Bosbou genooi om produsente te ontmoet om regstreekse terugvoer te ontvang van hulle menings oor die toekomstige eienaarskap, operasionele struktuur en regsraamwerk van die korporasie. Meatco sê in 'n verklaring die onlangse algemene ledevergadering het ook besluit dat samesprekings ook met die President van Namibië gevoer moet word om die Kabinet te vra om die vleisbedryf se werksgroep-voorstel oor die bedryf te aanvaar. Die Regering het in Junie aangedui dat hy 30 persent aandeelhouding in die korporasie wil bekom.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather