Nuus - Jongste Nuus - Ruimtetuig land op Mars
NASA se grootste en mees gesofistikeerde ruimte-verkenningstuig, Curiosity, het ná ‘n vlug van sowat agt maande en 570-miljoen kilometer op Mars geland.Nasa sê 'n sein is gisteraand van die tuig ontvang.Die Curiosity is deel van die Amerikaanse Mars-wetenskaplaboratorium-projek van twee-komma-vyf miljard dollar om die Rooi Planeet te ondersoek vir leidrade wat wetenskaplikes kan help om vas te stel of daar ooit lewe op die planeet was.




