Nuus - Jongste Nuus - Mulder bestee baie op vlugte
Die adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye, Pieter Mulder, het volgens inligting bykans 500-duisend rand bestee op plaaslike en internasionale vlugte tussen sy aanstelling in 2009 en Maart verlede jaar. Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Petterson, het die inligting na aanleiding van ‘n vraag deur die DA verstrek. Joemat-Petterson word deur die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, ondersoek nadat sy een-komma-ses miljoen rand op ses huurvlugte bestee het.




