Nuus - Jongste Nuus - Springbokgroep vir reeks word Saterdagmiddag bekendgemaak
Die Springbok-groep vir die suidelike halfrond se Castle Rugby-kampioenskap tussen Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland sal Saterdagmiddag aangekondig word. Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, Jurie Roux en die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer sal 'n mediakonferensie om half-vyf in Worcester toespreek. Die meeste Springbokke sal Sondag in Kaapstad byeenkom. Die spelers van die Sharks sal hulle Dinsdag by die groep aansluit, ná hulle Superrugby eindstryd teen die Chiefs in Nieu-Seeland.




