Nuus - Jongste Nuus - Twee vas oor korrupsie by grenspos
Twee doeanebeamptes in diens van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het glo op een Saterdag 320-duisend rand gekry deur dieseltenkwaens onregmatig deur die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek te laat ry.Zinzi Mashabane en Khulile Shekwa is verlede week op agt aanklagte van korrupsie gearresteer. en is reeds op borgtog vrygelaatDie twee vroue was op 9 Desember 2011 by die grenspos aan diens toe hulle glo agt dieseltenkwaens van Mosambiek af sonder klaring laat deurry het.Beeld berig dat die twee doeanebeamptes glo 40-duisend rand gekry vir elke tenkwa wat hulle glo onregmatig deur die grenspos laat ry het.




