Nuus - Jongste Nuus - Johan van der Merwe sterf
Die veteraan-akteur Johan van der Merwe, wat onder meer die rol van Jan in die televisiereeks Nommer Asseblief vertolk het, is in die ouderdom van 62 oorlede.Hy vertolk tans die rol van Oom Tjoppie in die komediereeks Parys Parys op kykNET.Volgens die akteur se familie is hy ’n maand gelede in die hospitaal opgeneem ná ’n hartaanval wat na berig word erge skade aan sy hartspier aangerig het.




