Nuus - Jongste Nuus - Fratsweer in PE
Nog fratsvloede word vandag in Port Elizabeth in die Oos-Kaap verwag.Swaar reëns het gister daartoe gelei dat talle gemeenskappe in die laagliggende dele soos Walmer, Missionvale en Koega verskuif moes word.'n Woordvoerder van die Nelson Mandelabaai Metro, Kupido Baron, sê 'n gesamentlike operasionele sentrum sal die laagliggende gebiede en paaie monitor.




