fot-galery

  Laai VLC media speler af

Smith waarsku

Graeme Smith het Engeland gewaarsku dat Suid-Afrika oorgehaal is om die gasheerland se nommer een-posisie in toetskrieket by hom af te vat.Indien Suid-Afrika die komende toetsreeks van drie wedstryde wen, sal hy Engeland as die wêreld se beste toetsspan vervang.Hy het op die vooraand van die eerste toets, wat later vanoggend op die Oval in Londen begin, gesê sy span se goeie rekord weg van die huis af, maak van hulle ware aanspraakmakers.Engeland se kaptein, Andrew Strauss, sê die reeks is op dieselfde vlak as die reekse om die As tussen Engeland en Australië en dat sy span met 'n baie sterk uitdaging te doen sal kry.Hy sê Suid-Afrika is 'n goeie span wat dit die afgelope jare bewys het en hulle sal vasbeslote wees om Engeland te onttroon.
Die wedstryd begin om twaalfuur.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather