Kosmos 94.1 het bekendgemaak dat sy nuwe web-tuiste op 1 Junie 2011 in bedryf gestel word. Die fokus van die web-tuiste is om interaktiewe deelname van luisteraars regoor die planeet te bevorder. Volgens die Besturende Direkteur van Kosmos 94.1 Kolie van Coller, het dit onontbeerlik geword vir elektroniese media om die internet as uitsaai-hulpmiddel te gebruik. Kosmos 94.1 wil met die splinternuwe web-tuiste sy nuusaksies, kompetisies, adverteerders en luisteraars regoor die planeet met neutvars Afrikaanse inligting te bedien.
Die Weer
Reën Satellietfoto Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather