Laai VLC media speler af
 
Home - Nuus - Jongste Nuus - Erongo wil nou landbouprodukte verbou
 

fot-galery

Erongo wil nou landbouprodukte verbou PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 29 Junie 2012 15:08
Die Goewerneur van die Erongo-streek, Cleophas Mutjavikua, sê die streek is 'n stap daarvan weg om van sy beeld as 'n droë gebied ontslae te raak en in 'n landbou-streek omskep te word. Hy het op Usakos gepraat by die opening
van die Valencia-Usakos gemeenskap tuinprojek. Die tuin is gevestig vier hektaar langs die Khan-rivier en is 'n gesamentlike onderneming tussen die Usakos dorpsraad en die Valencia uraanmyn. Mutjavikua sê die fokus op die oomblik is om Usakos 'n groen dorp te maak, maar het ook 'n beroep op dorpe soos Karibib en Omaruru gedoen om landbou-bedrywighede te beoefen. Hy sê daar word 'n olyf-plantasie vir Okambahe beplan en dat die dadel-plantasie in Otjimbinge 'n bewys is dat landbou soos in ander streke beoefen kan word. Die Minister van Landbou, John Mutorwa, het in 'n toespraak wat namens hom voorgelees is, gesê die Ministerie is die dryfkrag agter die projek en dat dit gemik is op die produksie en bemarking van plaaslike goedere. Hy het ander privaat instellings aangemoedig om Valencia se voorbeeld te volg en in hulle omliggende gemeenskappe te belê.
 
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie. Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
kontak_email
www.kosmos.com.na
 

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather

Teken Aan