Nuus - Jongste Nuus - Sirië bly ‘n internasionale kopseer
Die Verenigde Nasies en die Arabiese Bond se bemiddelaar in Sirië, Kofi Annan, het ‘n vergadering vir vandag in Genève belê in ‘n poging om môre se internasionale vergadering oor die Siriese krisis te red.Die Geneefse konferensie sal deur senior amptenare van Rusland, Amerika, Frankryk, Brittanje en Sjina bygewoon word.Môre se vergadering van ministers van buitelandse sake loop gevaar om te misluk weens Rusland se besware teen Annan se voorgestelde oorgangsplan in Sirië.




