Nuus - Jongste Nuus - ANC beleidskonferensie begin vandag
Die ANC sê alles is gereed vir sy vierdaagse beleidskonferensie wat vanoggend in Midrand begin. Die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê sowat drie-duisend-500 afgevaardigdes sal die konferensie bywoon. Hulle sal bestaan uit afgevaardigdes van takke regoor die land, lede van die party se nasionale uitvoerende komitee, die ANC-ligas, alliansie-vennote en verteenwoordigers van ondernemings. Die kongres sal vanoggend deur die president van die ANC, Jacob Zuma, geopen word.




