fot-galery

  Laai VLC media speler af

Negentien mense sterf in busongeluk in Suid-Afrika

Nooddienste het ná vyf-en-‘n-half-uur op die ongelukstoneel, bevestig dat 19 mense dood en 52 mense beseer is in vanoggend se busongeluk in Meyerton, suid van Johannesburg. Die bestuurder het glo beheer verloor waarna dit deur die relings van ‘n brug gebars en sowat vyf meter ver tot in die modderwater van ‘n stormwatersloot geval het. Vanessa Jackson van die ER24-nooddiens sê twee van die drie mense wat kritiek beseer is, is per helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto geneem.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather