fot-galery

  Laai VLC media speler af

Nieu Seeland se rugby-unie sal saamwerk oor bewerings van verkragting

Die Nieu-Seelandse rugby-unie sê hy sal met die Suid-Afrikaanse polisie saamwerk in die ondersoek na bewerings van verkragting teen ‘n lid van die Nieu-Seelandse onder 20-span. Die unie sê in ‘n verklaring die span het pas uit Suid-Afrika teruggekeer en alle beskikbare besonderhede word met die spanbestuur bespreek. ‘n Hoofbestuurder van die unie, Neil Sorensen, het bevestig dat al die spelers uit Suid-Afrika teruggekeer het. Die polisie se kolonel Vish Naidoo het vroeër gesê die polisie is Saterdagoggend na die hotel van die Nieu-Seelandse span in Kaapstad ontbied nadat ‘n 22-jarige vrou beweer het dat sy deur een van die spelers verkrag is.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather