fot-galery

  Laai VLC media speler af

Oud polisiemanne vas oor misdaad in Durban

Die 20 lede van die ontbinde eenheid teen georganiseerde misdaad in Durban sal na verwagting vandag in die stad se streekhof verskyn vir hulle borgverhoor. Hulle is gister in hegtenis geneem op aanklagte wat wissel van moord tot diefstal en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die mans se regsverteenwoordigers het om 'n dringende hofbevel aansoek gedoen om hulle arrestasie onwettig te verklaar. Regter Trevor Gorven het in die Durbanse Hooggeregshof gelas dat hulle borgverhoor vandag plaasvind ondanks die feit dat 'n borgverhoor normaalweg nie by 'n beskuldigde se eerste hofverskyning aangehoor word nie. Die regter het die aansoek dat die arrestasies onwettig verklaar word, vir 'n onbepaalde tyd uitgestel.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather