Nuus - Jongste Nuus - Egiptenare sal vandag weet wie is hulle nuwe president
Die aankondiging oor die uitslag van Egipte se presidentsverkiesing, wat vir vandag geskeduleewas, is uitgestel. Die amptelike MENA-nuusagentskap berig dat die verkiesingskommissie, wat deur regter Faruq Sultan gelei word, besluit het om die aankondiging te vertraag. Die kommissie het glo meer tyd nodig om klagtes te ondersoek wat deur die kandidate ingedien is. Duisende opposisie-ondersteuners betoog op Tahrir-plein in Egipte teen die vertraging en teen die militêre raad wat die land regeer sedert die afsetting van oud-president Hosni Mubarak verlede jaar.




