fot-galery

  Laai VLC media speler af

Presidentsvrou bekommerd oor hoë voorkoms van HIV-infeksies

Presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, het haar kommer uitgespreek oor die hoë koers van nuwe HIV-infeksies en sê sowat tien-duisend mense het verlede jaar alleen die siekte opgedoen. Sy het die opmerkings gemaak tydens 'n tweedaagse werkswinkel oor die rol van burgerlike organisasies in die voorkoming van moeder-na-kind HIV-oordrag in die hoofstad. Pohamba sê die situasie is onaanvaarbaar veral aangesien een tiende van die nuwe infeksies onder kinders is. Sy sê die land moet homself weer daartoe verbind om die oordrag HIV-infeksie van moeder na kind te voorkom en om moeders lewend te hou. Pohamba het ook 'n beroep op mans gedoen om meer betrokke te raak by gesinsbeplanning, swangerskappe, die geboorte van kinders en na-sorg. Sy het ook kerke en tradisionele leiers veroordeel wat daarop aanspraak dat hulle HIV/VIGS kan genees.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather