fot-galery

  Laai VLC media speler af

EU ambassadeur in Namibië loods waterprojek in die suide

Die Europese Unie se ambassadeur in Namibië, Raul Fuentes Milani, het 'n projek in Keetmanshoop geloods om die waterstelsel in dié suidelike dorp te verbeter. Die projek van sowat drie-komma-vyf miljoen Namibiese dollars is
daarop gemik om die hoeveelheid water wat verlore gaan vanweë lekkasies te verminder en om die werksaamhede en bestuur van die stelsel te verbeter. Milani sê die projek is die eerste van sy soort in die land en kan by voltooing as 'n loodsprojek vir ander munisipaliteite gebruik word, Die projek begin volgende week met die herstel en herontwerp van die dorp se
waterstelsel. Intussen het die burgemeester van die dorp, Moses Titus, bekend gemaak dat daar ook gekyk word na die vermindering van kragtariewe in die dorp omdat dit volgens hom duur is vir inwoners.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather