fot-galery

  Laai VLC media speler af

Name in die Vrystaat verander

Die proses om die name van verskeie dorpe en hospitale in die Vrystaat te verander, word gefinaliseer. Kroonstad se naam sal verander na Maokeng, terwyl Petrus Steyn voortaan bekend sal staan as Mamafubedu. Die Universitas hospitaal word herdoop na die Albertina Sisulu Akademiese hospitaal en die Bloemfontein Internasionale Lughawe word die Braam Fischer Lughawe. Die plaaslike departement van Kuns en Kultuur het die naamsveranderinge aan die minister Paul Mashatile gestuur, om in die staatskoerant gepubliseer te word. Verdere aansoeke vir naamsveranderinge van Brandfort, Zastron, Clocolan, Winburg en Odendaalsrus word ook nog oorweeg. Openbare sittings moet nog afgehandel word.

Die Weer

reenRe├źn
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather