fot-galery

  Laai VLC media speler af

Partyleierskap van Swapo sal self aandui wie waar wil staan

Swapo se party-leierskap sal self bekend maak wanneer mense wat vir sekere posisies in die party wil staan, kan begin om ondersteuning te werf. Swapo sekretaris-generaal, Pendukeni Iivula-Ithana, het op 'n mediakonferensie in Windhoek gesê daar is nie 'n moratorium op steun-werwing vir posisies nie, maar dat die party wil hê dit moet ordelik geskied. Dit volg na bewerings dat vise-president, Habe Geingob, en Iivula-Ithana besig om steun te werf vir die Party se presidentskap. Ivula-Ithana sê sy het self gevra vir 'n ondersoek na dié bewerings en dat dit nie deur die Politburo tydens sy vergadering vandeesweek bespreek is nie. Die Party se Kongres vind van 29 November tot 2 Desember plaas.

Die Weer

reenReën
SatellietSatellietfoto
Fotos verskaf aan Kosmos deur Kobus Botha Weather