Nuus - Jongste Nuus - Gerrie Britz tree uit
Die voormalige Springbokslot, Gerrie Britz, het sy uittrede uit rugby aangekondig.Dit volg ná die verstryking van sy kontrak met die Franse klub, Perpignan, vir wie hy 111 wedstryde gespeel het.Britz het sy toetsedebuut in 2004 in Bloemfontein teen Ierland gemaak en hy het in 13toetse gespeel.Die laaste een was teen die All Blacks in Christchurch in 2007.




