Nuus - Jongste Nuus - Naam-sage weer in die hof
Die Louis Trichardt-voorsittersvereniging het besluit om weer hof toe te gaan oor die verandering van die dorp se naam na Makhado.Die voorsitter, André Naudé, sê hulle gaan ’n aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria indien dat die besluit van die minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, om die naam na Makhado te verander, op hersiening geneem moet word.Hy het op 10 Mei die naam Makhado bekragtig en ‘n appèl van die vereniging van die hand gewys.




